Die Finne (Fins: suomalaiset, Sweeds: finnar) is 'n Fins-Oegriesenasie en etniese groep inheems aan Finland wat 'n gemeenskaplike Finse afkoms, kultuur en geskiedenis deel, en Fins of Sweeds as moedertaal praat. Alternatiewelik is Finne diegene wat in Finland woon of in Finland gebore is.
Finne vorm die titulêre nasie van Finland, waar hulle sowat 89% van dié land se bevolking uitmaak. Naas Finne leef nog klein minderhede soos Swede (5,3%), Russe (1,3%) en Estlanders (0,8%) in Finland. Behalwe vir Finland kom Finse minderhede nog in Europese lande soos Swede (4,5%) en Rusland (0,03%) voor.
Wêreldwyd leef sowat 7 miljoen Finne, waarvan tussen 4,87 en 5,1 miljoen in Finland, 636 587 in die Verenigde State, 265 215 in Kanada, tussen 156 045 en 712 000 in Swede en tussen 34 300 en 127 600 in Rusland. Daarbenewens het Finne nog in lande soos Brasilië (98 000) en Australië (30 359) gevestig.
↑(en) Australian Government - Department of Immigration and Border Protection. "Finnish Australians". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Januarie 2014. Besoek op 16 Januarie 2014.
↑(fi) Saressalo, L. (1996), Kveenit. Tutkimus erään pohjoisnorjalaisen vähemmistön identiteetistä. Suomalaisen Kirjallisuuden Seuran Toimituksia, 638. Helsinki.